Die Assosiasie van Bybelsgerewe Kerke in Suid Afrika (ABKSA) bestaan as ’n uiteenlopende assosiasie van Bybelsgedrewe kerke wat oor ’n groot geografiese gebied strek. Die assosiasie bestaan uit ’n ryk verskeidenheid van tale, etnisiteit, kulture, bedieningskontekste en teologiese oortuigings. Hierdie verskeidenheid is ’n aanwins en hou groot potensiaal in vir die verspreiding van die evangelie. Indien dit nie behoorlik beheer, bestuur en gedefinieer word nie, bestaan die potensiaal van verdeeldheid en selfs afvalligheid. Ons moet die fondamente van ons eenheid stewig vestig. Ons moet die nie-onderhandelbare kernwaardes wat ons in gemeen het, vier. 

 Laastens moet ons die basis van ons eenheid binne ons verskeidenheid vier sonder dat ons eenvormig hoef te word. Ons benodig ’n Geloofsbelydenis wat ons Bybels definieer; een wat ons sonder gewetensbesware kan verenig. Hoe sterker en duideliker gedefinieerd ons gedeelde oortuiging is, hoe sterker sal ons eenheid ook wees. In ’n Bybelse Assosiasie van Christen gemeentes wat ons verskeidenheid wil handhaaf, bemagtig en vier, is dit noodsaaklik dat ons baie duidelik moet uitspel wat dit beteken om ’n Bybelse Christen te wees. 

Om leraars toe te rus om hul gemeentes te lei tot geestelike volwassenheid. Kol 1:28-29 "Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel; waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag." Kol 1:28-29